Jan 2013!
Reëntyd!!
Ons wêreld is
Groen en Nat! Dis die middel van die reënseisoen en glo my, dit reën
elke dag! Saam met die reën koel dit darem heerlik af, maar saam met die
koeler weer kom die modder en die min sonskyn – en dit is sekerlik Mosambiek
opgesom – nooit in mooi balans nie! As daar te min water is, dan het ons
sonskyn en krag, en as die water weer te veel is, het ons nie sonskyn of krag
nie! :) Maar in als is ons dankbaar!
Lig vir
die nasies?
Twee vriende
het ons gehelp om ’n aantal solar-lig “kits” aan te koop wat ons weer
hier aan die mense verkoop. Die tydsberekening was wonderlik, aangesien
ons dit vir minder as halfprys kon kry! Ons het nogal gewonder of die
mense hier die eerste 10 stelle sou wou koop of sou belangstel, maar binne twee
weke het elkeen ’n baas gekry! Alfred het een aand ’n demonstrasie gehou
en almal was BAIE beïndruk met die helder liggies! Nou gaan Alfred ons
een werker oplei om die kits te installeer en te help met
instandhouding. Lig maak so ’n groot verskil in hul lewens en ons bede is
dat hul ook eendag die Ware Lig van die wêreld sal ontmoet en aanneem as hul
Verlosser!
Dinge
waarmee ons besig bly…..
Alfred het
die 2de Januarie weer ingespring met sy taal leer en vorder baie
goed! Hy hoop om aan die einde van die jaar te begin met vertalings werk
van die materiaal wat hy wil gebruik vir die Evangeliseringsfase! Bid asb
vir hom vir die jaar! Dit gaan ’n besige jaar wees.
Taalles voorbeeld!!
:) Alfred het dit gebruik om die solar ligte te verduidelik!
Aji caixa mwana bateria ni n’twe.
|
Hierdie kas bevat die battery en die
brein.
|
Kolela kwa kageesi gecejeewu yikulosya
kuti caixa jikuseveesa.
|
Die rooi liggie wys dat die stelsel aan
is.
|
Aji ni payineela.
|
Hierdie is die sonpaneel.
|
Aluumbice payineela ku maalo gecejeewu.
|
Koppel die sonpaneel se draad in die rooi
prop.
|
Kolela kwa kageesi kawusaamba yikulosya
kuti payineela jikuseveesa.
|
Die groen liggie wys dat die sonpaneel
werk.
|
Kwana mageesi n’cece.
|
Daar is vier ligte.
|
Asweece piwu swa mageesi ku maalo
gepidiwu.
|
Prop die ligte se drade by die swart
proppe in.
|
Alole, digeesiidi dyana dilaanguka
dyekuluungwa.
|
Kyk, die gloeilamp maak baie lig.
|
Skool:
Ons skool
het die 7de Jan begin. Dié jaar het ek my eerste hoërskoolleerling!
Christiaan is in gr 8, Bernard in gr 7 en Stefan in gr 5! Ons sien uit na
die jaar en is baie dankbaar vir ons heerlike skoolboeke!! (Die foto’s is
in Malawi geneem, aangesien ons die skoolboeke nie Lichinga toe kan pos nie,
maar wel na Blantyre.) Beslis die hoogtepunt ná Kersfees vir ons 4!
Bid asseblief saam met ons vir:
· Volharding en selfdissipline met die
taal leer en verhoudings bou
· Ons kinders en skool
· Gesondheid en beskerming
Ons
dank die Here vir elkeen van julle wat ons op die een of ander manier
ondersteun of vir ons intree. Ons bid julle ook die Here se oorvloedige
seën toe!
Baie liefde-groete
|
Bernard
se 12 de verjaarsdag die 24ste Desember!
|