Nuus en foto's van ons lewe in Mosambiek!
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
News and pictures of our life in Mozambique


Monday, 09 July 2012

Nuusbrief Julie 2012!!


'n Foto = 1000 woorde!  In die nuusbrief wil ons graag meer deel van ons lewe hier in kleur.  Hoop jul geniet dit……


Alfred het onlangs sy 45ste verjaarsdag gevier!  Ons het 4 dae in die Niassa natuur reservaat spandeer en dit was ’n wonderlike seën!  Vriende van ons ken die mense wat dit deels bestuur en ons het so te sê verniet gebly.  Ons het selfs ’n kok gehad!  Hier staan hy op ’n baie hoë rots, Magaanga (wat rotse beteken in Yao) en uitkyk oor die landskap.  Hy het selfs met ’n olifant geweer kon skiet (na ’n teiken en nie na ’n olifant nie!  :) )

Alfred by die hoofman saam met vriende uit die suide van Mosambiek (foto deur Willem geneem).  As ons besoekers ontvang is dit die gebruik hier om die hoofman te gaan besoek.  Hy is ’n baie goeie leier hier in ons dorpie.  Bid vir hom!!  Hoofman Divaagu.

  Orals in die veld bly groepies mense om hul landerye op te pas – Alfred besoek gereeld van hulle per fiets (geen paaie vir karre hier nie!) Ons almal was die dag saam – dis so 7km se trap van ons huis af.  By die een huisie gekom is daar toe ’n siek vrou wat ek darem kon help met ’n paar pynpille.  Bid asb vir die mense hier – die lewe is nie maklik nie!  Bobbejane verniel hul mielie-oeste, siektes soos malaria is algemeen, isolasie, vrees en hopeloosheid is deel van hul daaglikse lewe.

Alfred by een van sy vriende vêr in die veld.  Hierdie is sy “machamba” huisie (landery huis).  Net toe hy wou oppad wou wees, sê hulle “Nee, nou eet ons eers!” en toe word daar groot kos gemaak!   :)

Ons seuns!  Hulle is werklik gelukkig hier!  Christiaan het in Mei 13 geword en saam met sy pa en ’n paar maats gaan kamp diep in die boendoes – hier geniet hulle ’n modderbad!  Goed vir die vel??  Bid asb vir ons kinders!  Vir goeie gesondheid en vir ons skool!  Tuisbesoek aan SA is ’n groot ontwrigting so saam met al die lekker!

 

Ons drie seuns en ’n vriend uit Lichinga het die kinders gehelp om weer die sokkerveld reg te ruk na die reëns!

 
 
Ons beplan om DV die 24ste Julie tot die eerste week in Oktober in Suid-Afrika te wees vir ons twee-jaarlikse tuisbesoek.  Bid asb saam vir die reëlings en die afry! 


Vir nou groet ons eers!
Alfred, Belinda en seuns



No comments:

Post a Comment