Vandag was ons 5 in ’n winkelsentrum en toe ek so afkyk na almal se gesiggies – myne en Alfred s’n ingesluit – kon ek net glimlag!! Na 3 weke in SA is ons nog nie gewoond aan die Wonder van Winkels nie!!
Vandat ons in
Buiten al die terugvoer was ons al 5 by die tandarts, ons kar moes ’n nuwe waterpomp kry en nuwe bande (waarvoor die Here op ’n verrassende wyse voorsien het!!!), nog dokters afsprake, lekker kuiers by familie en vriende, inkopies, ens, ens!! ’n Vol tyd!
Ons is nou in Kaapstad en is die Here baie dankbaar vir ’n veilige reis!! Ons het nie besef dat ons aan die einde van die Paasnaweek die langpad In Verkeer sou moes aandurf nie!! Wat ’n skok vir ons “Bos-mense”!! J
Die kinders is nou reeds een week in die skool en hulle geniet dit baie. Al is die skoolwerk anders, vaar hulle baie goed! Hulle geniet ook die ander aktiwiteite soos tennis, rekenaarklub en rugby. Daar was groot opwinding toe elkeen ’n nuwe tas kon uitkies en elkeen sy nuwe skoolklere vir die eerste keer kon aantrek! Bernard was bietjie verbaas toe ek hom meedeel dat almal dieselfde klere en skoene moet dra en wou weet of hy nie maar net met sy gewone klere
Ons kursus by ons sendingorganisasie, SIM, het vandag begin. Vir meer inligting oor SIM, sien www.sim.org op die Internet.
Bid asb saam vir ons:
· Vir die kinders se aanpassing in die skool – Christiaan is nou in gr5, Bernard gr3 en Stefan gr2.
· Vir ons twee – dat die Here ons batterye sal herlaai en sal volmaak met Sy Gees!
· Vir ’n geseënde tyd by SIM.
Ons groet vir eers uit die mooie Kaap!